WIE IS ONS?

 

In vandag se lewe hang dit van elke ouer af om te verseker dat sy/haar kind die onderrig ontvang wat hom/haar ‘n voorsprong in die lewe sal bied; Sandton Akademie is vir die rede gevestig.  Die skool bied vir u kind die geleentheid om te ontwikkel na ‘n afgeronde persoon, in ‘n omgewing waar hy/sy raakgesien word en waar u kind se belange op die hart gedra word.  Ons skool bied ‘n uitstekende program wat vir elke kind ‘n voorsprong sal gee op die pad na volwassewording.

 

Ons personeel is bekwaam en kundig, het goeie ondervinding en bied gehalte-onderwys aan in goed gefasiliteerde klaskamers.  Hoë akademiese standaarde word gehandhaaf en die leerders blink uit in sport en kultuur-aktiwiteite. Die skool bied ‘n goeie basis vir elke kind se opvoeding waaruit ons resultate spreek van goed gebalanseerde en aangepaste kinders.

 

Ouers kan met ‘n geruste hart hul kinders aan die skool toevertrou.

 

 

 

Deuternomium 6:5-9

"Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, met jou hele siel en met al jou krag;

jy moet jouself heelhartig verbind aan die gebooie wat ek vandag vir jou gee.

skerp hierdie woorde by jou kinders in en praat met hulle daaroor by die huis en wanneer jy oppad is,

wanneer jy gaan lê en wanneer jy opstaan;

bind dit aan jou hande vas as 'n herinnering en dra dit op jou voorkop;

skryf dit op die deurkosyne van jou huis en teen jou stadspoorte."

'n groei milieu vir u kind

ELKE DAG IS OPEDAG

 

 

EVERYDAY IS AN OPEN DAY

011 234 6326 / 083 391 8622

gestig in 2010

Tel. 1:  011 234 6326

Tel. 2: 083 391 8622

Adres: 33 Jupiter Laan,

           Midrand

Ure: 07:00 - 17:00

       Maandag - Vrydag

 

Aanwysings